Die leerders van Laer Volkskool se groot liefde vir diere is duidelik sigbaar nadat die insamelingsprojek alle verwagtinge oorskry het. Leerders uit die graad 6 klas het die DBV op Woensdag, 3 November 2021, besoek met die doel om die ingesamelde produkte te oorhandig en terselfdertyd ook die diere in die vereniging te besoek. Dit was beslis nie net die diere se ogies wat van opgewondenheid geskitter het nie, maar ook die leerders s’n.

Die volgende donasies is ontvang:

61 Groot blikkies natkos

25 Klein blikkies natkos.

48 (2kg) , 8 (5kg), 1 (10kg) en 2 (20kg) sakke hondekos

11 Pakkies natkos

14 Pakke hondekoekkies

Beddegoed (komberse en kussings)

 

Baie dankie aan almal wat bygedra het om hierdie ‘n suksesvolle projek te maak. Dit word opreg waardeer.

Verwante berigte