Leerlinge van Laer Volkskool het Woensdagmiddag, 22 Junie 2022, aan ‘n ope Blitz skaaktoernooi deelgeneem. Leerlinge van Laer- en Hoër Volkskool asook Union skole het hieraan deelgeneem. Die toernooi is gehou by Farmland. Drie van Laer Volkskool se seuns, Jeandré Theron, Michyle Mostert en Johan Viljoen wen elk ‘n kontantprys vir derde plek.

Baie geluk aan al die leerlinge wat so pragtig gespeel het en aan die organiseerders mev H Rose-Innes en Farmland.

Verwante berigte