Vandag het die skool soos ‘n ouetehuis gelyk met leerders wat soos senior burgers kon aantrek. Leerders kon ook ‘n donasie saambring skool toe om vir ons senior burgers in Huis van de Graaff te gee.

Huis van de Graaff is hierdie jaar genomineer om Laer Volkskool se donasies wat op Senior Burgerdag ingesamel is, te ontvang. Ons bedank elke leerder wat vandag soos ‘n senior burger aangetrek en ‘n donasie gestuur het. Mevrou Petro van Schoor het die donasies in ontvangs geneem namens die bestuur van Huis van de Graaff.

Verwante berigte