Ulrich Steynberg het die naweek, 11 Junie 2022, aan die MAG Festival in Jeffreysbaai deelgeneem waar hy ‘n goue medalje verwerf het. Baie geluk, Ulrich. Trots op jou!👏

Baie geluk aan Terina Retief. Sy het die naweek aan die Eastern Cape Gimnastics Festival in Gqeberha (Port-Elizabeth) deelgeneem en n silwer medalje vir level 2 verower. Mooi so. Ons is trots op jou! 👌

Baie geluk aan Elrie Pretorius in graad 3 en Ulrich Steynberg in graad 1 wat hul Distrikskleure vir Artistic Gymnastics ontvang het. Hulle is ook gekies om die distrik by die Artistic Gymnastics Eastern Cape Festival vanaf 11 tot 12 Julie 2022 te verteenwoordig. Dit is ‘n pragtige prestasie. Ons is trots op julle.