Met groot opgewondenheid is Graad 1’s Maandag en Dinsdag verwelkom by die skool.  Hulle het spoggerig gelyk met hulle nuwe skoolklere aan.  Met masker en saniteerder byderhand, is almal gereed vir die nuwe avonture van 2021.

Baie welkom aan elke Graad 1 leerder by Laer Volkskool.  Ons weet julle gaan dit baie geniet hier by ons.