Wian Lotter het die 1ste Maart 2021 by Hoër Volkskool aangesluit vir boogskiet waar hy afrigting by Beyers en Carol Cronje gekry het. Al die gereelde en ekstra oefening het vrugte afgewerp en hy is in die provinsiale span opgeneem.
Die span gaan voorlopig 24 September 2021 in Uitenhage aan ‘n kompetisie deelneem. Baie geluk Wian. Ons is trots op jou!