Die afgelope naweek, 29/30  Oktober 2021, het Laer Volkskool se eerste en tweede seunsspanne en die eerste dogterspan deelgeneem aan die negende Jocelyn Marais Tennistoernooi. Skole van so ver as Stellenbosch en Oos-Londen  het aan die toernooi deelgeneem.  Ons spanne het uitstekende tennis gespeel en ons is baie trots op hulle.  Die eerste seunsspan eindig derde in die toernooi, tweede seunsspan eindig vyfde en die dogters agste.  Dankie seuns en dogters vir julle goeie tennis, goeie sportmangees en goeie gedrag.  Dankie aan mev. Oosthuizen en mej Swiegers dat julle as spanbestuurders opgetree het.  Dankie ook aan MatchPoint vir weereens  ‘n baie goeie toernooi.

Eerstespan seuns

Louwen Wolfaardt, Ruan van der Merwe, Mev. Erika Oosthuizen (afrigter) , Petrus Wolfaardt, Francois Naude

Eerstespan meisies

Alet van Wyk, Carlien Oosthuizen, Mynette Viljoen, Alecia Louw

Tweedespan seuns

Kian Keyser, Louis de Wet, Hannes van der Merwe, Pieter Nel

Verwante berigte