Op 26 Oktober 2022 het Resolute Robotics ‘n mini-STEAM dag by Laer Volkskool aangebied. Twee van Laer Volkskool se spanne het deelgeneem aan die kursus en het geleer hoe om ‘n robot te programeer. Daarna was daar ‘n kompetisie gehou oor wie se robot die vinnigste om die baan kan ry.
Met die stophorlosie gereed en elke robot se spoed bepaal, behaal ons ‘n eerste en derde plek tydens die kompetisie!
Derde plek met ‘n tyd van 14.03 sekondes – JAH-span – Johan, Arno en Helgard
Eerste Plek met ‘n tyd van 13.04 sekondes – DAH-span – Daniël, Armand en Hestri
Ons wen gratis onderwysers-opleiding ter waarde van R12 000!
Ons wil graag vir HP, Riana en Riaan dank vir die insiggewende kursus.
Ons sien uit om julle weer by Laer Volkskool te sien.