Laer Volkskool se jaarlikse kleure Atletiekbyeenkoms het vanjaar vroeg afgeskop met die velditems wat op Woensdag 25 Januarie 2023 plaasgevind het.

Op Vrydag 27 Januarie het die Rupertspan (Rooi) en die Reinetspan (Blouspan) kragte gemeet op baan. Ten spyte van hoë temperature daardie dag het beide spanne uitstekend gevaar. Die Rupertspan het egter met 915 punte teenoor die Reinetspan se 753 punte as die wenners uit die stryd getree.

Drie rekords is verbeter:

Lee – Jon Blignaut Seuns o.12 100m: 13,68

Lee – Jon Blignaut Seuns o.12 150m: 21,13

Samuel Pearson Seuns o.11 Gewigstoot: 8, 65m

Deidré Alberts is aangewys as die Victrix Ludorum en die Victor Ludorum word hierdie jaar gedeel deur AW Lambrechts en Tristan Lodewyk.

Baie geluk aan al hierdie atlete wat so uitstekend gevaar het. Dankie aan die ondersteuners en elkeen wat as beampte gehelp het. ‘n Spesiale dank ook aan die terreinpersoneel wat die velde so pragtig voorberei het.

Foto’s is geneem deur Gideon van der Mescht

Verwante berigte