Hierdie jaar se interskolegala is gehou by Union High School se splinternuwe buitelug swembad.

Volkskool se gees was aansteeklik met ‘n hele klomp Volkskool leerders wat die swemmers kom ondersteun het en liedjies gesing het.

Laer Volkskool se swemmers het sewe rekords laat spat:

JJ van Schalkwyk het 3 rekords gebreek (vryslag, rugslag en borsslag vir seuns o.8)

Zenicke van Schalkwyk het 4 rekords gebreek (wisselslag, vryslag, borsslag en rugslag vir dogters o.12)

Ons swemmers het hulle bes gelewer, maar ongelukkig het Union hierdie jaar koning gekraai!

Volkskool is hartlik ontvang met ‘n pragtige koekie vir elke swemmer. Baie dankie aan Union High vir ‘n heerlike gala.

Foto’s:

Gideon van der Mescht

Mariette Burger.

Verwante berigte