Die afgelope naweek van 14 tot 16 September 2023 was Laer Volkskool Graaff-Reinet se o.13 krieketseuns bevoorreg gewees om aan Laerskool Swellendam se Kriekettoernooi in Swellendam deel te neem.
Laer Volkskool het met twee spanne gaan toer en het goed gevaar.
Laer Volkskool 1 en 2 het in die trofee-poel gespeel en albei spanne het in die Top 8 geëindig.
Laer Volskool se beste kolwers reg deur die toernooi was:
-Luandré Rademan
(wedstryd 1 – 22 lopies)
(wedstryd 2 – 20 lopies)
(wedstryd 3 – 18 lopies)
-Cobus Viljoen
(wedstryd 2 – 17 lopies)
(wedstryd 3 – 24* lopies)
-Johan Viljoen
(wedstryd 1 – 22* lopies)
(wedstryd 3 – 19 lopies)
-Drian Gildenhuys
(wedstryd 1 – 21* lopies)
(wedstryd 3 – 18 lopies)
Volksies het ook towerkuns met die bal gemaak, veral Divan en Tiaan Erasmus, Tristan Lodewyk en Daniel Pieterse.
Laer Volksool se tweede span het ‘n trofee ontvang vir die span met die meeste uithouvermoë.
Die spelers het hulself gate uit geniet en ons almal is trots op julle!
Laer Volkskool wil net baie dankie sê aan die volgende mense: Zack Mulder (Busbestuurder), Jaco van Loggerenberg (Afrigter), Gerrit Viljoen (Ouer), Eduan Viljoen (Ouer) asook al die spelers wat gespeel het.