Die naweek van 12 tot 15 Oktober 2023 was ‘n onvergeetlike ervaring vir die graad 7’s van Huis Eybers, wat hul jaarlikse koshuistoer na Boknesstrand onderneem het.

Die naweek het koud en reënerig begin, maar dit het nie die gees van die leerders gedemp nie. Saterdag het die son weer sy gesig gewys en dit was tyd vir ‘n dag van strandpret en swem.

‘n Uitstappie is na Bathurst gemaak om die reuse Pynappel te besoek. Die WB-rugby is by ‘n plaaslike restaurant gekyk, Port Alfred is verken en heerlike wafels is geëet.

Nog ‘n hoogtepunt was die besoek aan Addo op pad terug. Hier het die leerders nie net olifante gesien nie, maar ook ‘n verskeidenheid ander wildsoorte. Addo-adrenaline Park het nog meer opwinding gebring met ‘n zip line-ervaring en ‘n groot swing-avontuur.

Terug by die koshuis Sondag laatmiddag, het die leerders lekker saam geëet en die laataand naelbyt Wêreldbeker-rugby gekyk.

Dit was ‘n toer om vir altyd te onthou, ‘n tyd van avontuur, pret en vriendskap. ‘n Naweek wat die graad 7 maats vir altyd sal koester.

Baie baie dankie aan Johan en Verna wat hierdie wonderlike geleentheid moontlik gemaak het vir ons kinders! Die ouers van Huis Eybers waardeer julle!

Verwante berigte