Volkskool Wildehonde Fietsrygroep het op Sondag 21 Julie 2024 aan die 3de rondte van die Skoleliga in Port Elizabeth gaan deelneem. Dit het op die Butterfield Road Trails plaas gevind.
Die ryers het soos volg presteer:
Sub-Nippers Dogters onder 8 jaar (8,04)
1 ste – Elbe Landman
Sy is tot op hede onoorwonne in haar ouderdomsgroep.
Sub-Nippers Seuns onder 8 jaar (8.04 km)
3de – Bernard Delport (sy vorige beste was ‘n 7de en toe ‘n 5de posisie)
10 de – Nicolaas Botes
Hierdie uitslag is Bernard se beste nog. Daar was 31 deelnemers in hierdie groep! Boonop was hy die jongste in die groep.
Nippers – Seuns onder 10 jaar (9,60 km)
11 de – Luhan Alberts (dit was sy eerste deelname aan die Liga)
16de – Waldt Pienaar
Sprogs – Dogters onder 12 jaar (11,52 km)
3de – Gina Botes
Sprogs – Seuns onder 12 jaar (11,52 km)
6 de – Frederik de Klerk
7de – Rubert Marincowitz
8ste – William le Roux
Hierdie is een van die taaiste ouderdomskategorieë met 17 deelnemers wat ondermeer 1 SA kampioen en 4 provinsiale ryers insluit.
Frederik de Klerk was ook verlede Saterdag deur die organiseerders van die Race to Desolation uitgenooi om aan die Mini-Taste wedren oor 21 km deel te neem.
Hy was die enigste leerder tussen die hardebaardryers wat ook oorsese deelnemers ingesluit het. Hy het hom pure bergbok gehou en die laaste gedeelte van die Valleipad lag-lag, moeg-moeg uitgery en 6de algeheel geëindig!
Die volgende byeenkoms vind op Sondag 04 Augustus 2024 in Port Elizabeth plaas.
Die rygroep is ook uitgenooi om op Saterdag 03 Augustus 2024 aan die Lorraine Fietsfees by die Laerskool Lorraine, Port Elizabeth op hul nuwe fietsbane deel te neem.

Verwante berigte