Hierdie jaar se interskolegala is gehou by Union High School se splinternuwe buitelug swembad.

Volkskool se gees was aansteeklik met โ€˜n hele klomp Volkskool leerders wat die swemmers kom ondersteun het en liedjies gesing het.

Laer Volkskool se swemmers het sewe rekords laat spat:

JJ van Schalkwyk het 3 rekords gebreek (vryslag, rugslag en borsslag vir seuns o.8)

Zenicke van Schalkwyk het 4 rekords gebreek (wisselslag, vryslag, borsslag en rugslag vir dogters o.12)

Ons swemmers het hulle bes gelewer, maar ongelukkig het Union hierdie jaar koning gekraai!

Volkskool is hartlik ontvang met โ€˜n pragtige koekie vir elke swemmer. Baie dankie aan Union High vir โ€˜n heerlike gala.

Foto’s:

Gideon van der Mescht

Mariette Burger.

Verwante berigte

๐‘ฝ๐’๐’๐’Œ๐’”๐’Œ๐’๐’๐’ ๐’”๐’† ๐’‹๐’๐’๐’ˆ ๐’”๐’•๐’†๐’“๐’“๐’† ๐’”๐’Œ๐’Š๐’•๐’•๐’†๐’“!

๐‘ฝ๐’๐’๐’Œ๐’”๐’Œ๐’๐’๐’ ๐’”๐’† ๐’‹๐’๐’๐’ˆ ๐’”๐’•๐’†๐’“๐’“๐’† ๐’”๐’Œ๐’Š๐’•๐’•๐’†๐’“! Wat โ€™n trotse oomblik vir Laer Volkskool!...
Lees meer