Pret by Laer Volkskool om gesonde bande te vorm met ons maats en ons leeromgewing.
Laer Volkskool het die tweede kwartaal afgesluit met ‘n sokkie vir die Gr. 6 en 7 leerders en ‘n fliek-aand vir die Gr. 1 tot 5 leerders.
Dit was omtrent pret en hopelik die eerste van nog vele!
Maats kon heerlike springmielies, pizza asook “slushies” na hartelus gaan koop en geniet by die snoepie.
Ons bedank graag die OOV, Juf Linda, Mnr Ruben en al die mammas wat altyd hard werk en inspring waar nodig. Dankie ook aan oom Johan Sparrius en die terrein-personeel.
‘n Spesiale dankie aan die volgende besighede/individue:
Debonairs, Graaff-Reinet
Marius vd Westhuizen (Body Feul Express)
Desmond en Gerna Kleyn
Phillip en Cecile Jonker

Verwante berigte