Die volgende tennisspelers het Saterdag, 12 Augustus 2023, aan ‘n tennisfees in Cradock deelgeneem.

Hulle het die volgende plekke behaal:

 

o.10 dogters

Nelé Wolfaardt – 1ste plek

o.10 seuns

Ian Maré – 1ste plek

Hermius Botha – 2de plek

Baie geluk aan hierdie tennisspelers. Ons is trots op julle

Saterdag, 12 Augustus 2023, het die laaste boogskiet kompetisie vir die jaar teen ander skole en klubs van die Oos-Kaap by Daniël Pienaar in Uitenhage plaasgevind.

‘n Totaal van 82 skuts het teen mekaar meegeding in die Oos-Kaap Kampioenskappe vir ‘n plek in die Oos-Kaap span. Daar is in die Bull’s Eye (BE) en 2D gekompeteer. Dit was nogal ‘n nuutjie om van 3D na 2D te verander, maar ook hier het die skuts bewys dat hulle hulle nie sommer so van stryk sal laat bring deur verandering nie.

Baie geluk aan Conrad Kleyn, Eben Lötter en Helen Grobbelaar wat hulle OP-kleure verwerf het en gedurende die vakansie aan die Nasionale kompetisie in Gauteng gaan deelneem. Welgedaan aan al drie van julle! Ons is trots op julle!

Die volgende skuts het medaljes ontvang:

Layla de Beer

2D – brons

Eben Lötter

2D – brons

Bull’s Eye – goud

Helen Grobbelaar

Bull’s Eye – brons

Conrad Kleyn

Bull’s Eye – brons

Dit was vandag ‘n goeie dag vir Laer Volkskool se hokkiedogters wat teen Gill in Somerset-Oos gaan speel het.
Die tellings is as volg:
o.7B wen 2 – 0
o.7A wen 2 – 0
o.8B wen 4 – 0
o.8A wen 13 – 0
o.9A wen 4 – 0
o.13B wen 6 – 0
o.13 wen 6 – 0

NETBAL
Ancois Viljoen het haar erekleure ontvang vir haar deelname in die OP o.12-span wat gedurende die vakansie aan ‘n toernooi in Boksburg deelgeneem het.
Baie geluk Ancois. Ons is trots op jou!

HOKKIE
Deidré Alberts het haar half-erekleure ontvang vir haar deelname in die OP o.13B-span wat gedurende die vakansie aan ‘n toernooi in die Paarl deelgeneem het.
Baie geluk Deidré. Trots op jou!

Die derde kwartaal se sportwedstryde het Saterdag, 22 Julie 2023, afgeskop met wedstryde teen Cradock.
Die tellings is as volg:
HOKKIE
o.7B gelykop 3 – 3
o.7A verloor 2 – 3
o.8B verloor 3 – 4
o.8A wen 14 – 0
o.9B wen 3 – 0
o.9A wen 3 – 0
o.10 verloor 1 – 5
o.13B verloor 0 – 3
o.13A wen 1 – 0
NETBAL
o.7A verloor 1 – 2
o.7B verloor 0 – 2
o.8A wen 2 – 1
o.8B wen 1 – 0
o.9A wen 6 – 0
o.9B gelykop 1 – 1
o.10A verloor 2 – 5
o.10B veroor 4 – 6
o.11A verloor 7 – 8
o.11B verloor 0 – 4
o.13A verloor 7 – 14
o.13B verloor 1 – 9
o.13C verloor 0 – 16
RUGBY
o.7 verloor 5 – 25
o.9 B verloor 5 – 27
o.9A verloor 0 – 15
o.11B verloor 17 – 22
o.11A verloor 10 – 38
o.13A verloor 0 – 31

Darius Els, Gerrit Jordaan, Frederik Steynberg, Arné Oosthuizen, Zaskia Erasmus, Nathan en AJ Cronje van die Raptors Martial Arts-klub is gekies om 7 en 8 Oktober 2023 die OP-span by die SA Kampieonskappe (Destiny) in Stellenbosh te verteenwoordig.

Baie geluk.

en sterkte met die kampioenskappe!

JJ van Schalkwyk het die afgelope vakansie (25 Junie 2023) aan die PEA-gala te Gqeberha (PE) deelgeneem. Hy het brons medaljes vir 100m rugslag, 50m borsslag en 50m vryslag tydens die gala verower. Baie geluk, JJ. Ons is baie trots op jou!

Gedurende die afgelope vakansie het die Oos-Kaap Landsdiens aan ‘n provinsiale kamp in Jeffreysbaai deelgeneem. Na afloop van die kamp is die volgende leerlinge verkies om die Oos-Kaap by die Nasionale Kamp te verteenwoordig vanaf 9 tot 14 Desember 2023 by Blyde Adventure Camp in Hoedspruit.

Baie geluk aan al hierdie leerlinge. Julle maak ons trots.

Foto

Agter: Luhandre Rademan, Reanco Deysel, Johan Viljoen

Voor: Lillah Viljoen, Monique Nel, Marli Fourie