• Somersetstraat  Graaff-Reinet 6280
  • Tel: 049 891 0803

VOLKSKOOL FAMILIE


 

Harde werk en hope pret is jou voorland en as jy 'n Volksie Gesie is, is jy 'n wenner!

Boodskap van die Skoolhoof

Laer Volkskool is in 1922 gestig as die eerste Afrikaansmedium skool in die ou Kaapland.  C.J. Langenhoven het die skool se leuse - ONS SAL HANDHAAF - voorgestel en die skool het sodanig gegroei dat die Hoër- en Laer Volkskool sedert 1954 apart van mekaar funksioneer.  Tog is die skole steeds nou verbind aan mekaar in hul doel en strewe.

Nuusberigte / Spogblad

Onlangse nuusberigte - vir meer berigte klik op die skakels onder Nuusberigte - Kwartaal.

  • Prysuitdeling      
     

    Op 16 en 17 November 2020 het Laer Volkskool tydens skooltyd ‘n klein prysuitdeling gehou. Daar is vir elke leerling wat onder die top 10 in hulle graad is, ‘n sertifikaat oorhandig. Weens veiligheidsprotokolle kon die trofeë nie uitgedeel word nie, maar die leerlinge het wel ‘n sertifikaat ontvang vir sportsoorte wat tydens die eerste kwartaal plaasgevind het en afgehandel is..

  • Beroepsdag      
     

    Vandag kon die leerlinge aantrek volgens hulle droom beroep. Daar was 'n groot verskeidenheid beroepe wat opgedaag het vir skool onder andere onderwysers, brandweermanne, boere, polisiemanne en -vroue, fisioterapeute, veeartse, dokters, verpleegsters, prokureurs, predikante, kunstenaars, wetenskaplikes en nog vele meer. Baie dankie aan al die leerlinge wat deelgeneem het aan die dag. Julle het baie oulik gelyk.

  • Tennis      
     

    Drie van ons tennisspelers het Saterdag, 31 Oktober 2020, gaan deelneem aan die PE mini series. Die doel van die toernooie is om punte te verdien om in aanmerking te kom vir die OP tennisspan. Louwen Wolfaardt, Francois Naude en Petrus Wolfaardt het baie goed gevaar. Louwen het eerste in sy groep gekom, Petrus tweede en Francois derde. Wat hierdie so besonders maak is dat hulle drie nefies is wat oral saam tennis speel. Baie geluk! Ons is baie trots op julle!

  • Sokkiedag      
     

    Laer Volkskool het op 2 en 3 November 2020 'n Sokkiedag gehou waar die leerlinge enige sokkies saam met hulle skoolklere mag aangetrek het. Daar was heelwat leerlinge wat braaf genoeg was om in die hitte te kom spog met hulle sokkies.

  • Hoede-en Haredag      
     

    Dit is heerlike Lente! Laer Volkskool het op 1 en 2 September 2020 die nuwe seisoen betree deur 'n Hoede- en Haredag te hou. Almal het deelgeneem en selfs die onderwysers het kom spog met hulle hoede en hare. Elke leerling wat deelgeneem het is ook gevra om 'n nie-bederfbare produk te skenk vir ons voedselhulp-projek. Foto galery

  • Pragtige badkamers vir LVS Koshuis - Huis Eybers      
     

    Laer Volkskool se koshuis, Huis Eybers was nog altyd bekend dat dit 'n tweede huis vir ons kinders is.
    Kyk hoe pragtig lyk die badkamers! Klik op die foto om die video te sien.


  • Biltong en Braaivleis