Vrydagmiddag, 14 Mei 2021,het Laer Volkskool se eerste seuns en dogterspanne na Grahamstad vertrek om aan die finale streeksproewe van die Rising Star Parnibas toernooi te gaan deelneem. Ons het Saterdag teen al die wenners van die verskillende zones gespeel. Die dogters het eerste in hulle groep geeindig en het teen die wenners van die B groep gespeel. Hulle het die wedstryd verloor en daarna uitgespeel vir die 3de /4de plek. Die lang dag het sy tol geeis en ons eindig 4de. Dankie dogters vir julle positiewe gesindheid, jul vegtersgees en mooi tennis.

Die seuns het tweede geeindig in hulle groep en speel weer teen Graeme kollege teen wie ons die vorige keer verloor het. Danksy n paar taktiese skuiwe wen ons die wedstryd en speel uit vir die 1ste / 2de plek. Ons verloor teen Stirling 2 wedstryde teen 1. Dankie seuns dat julle tot op die einde geveg het. Dankie seuns en dogters vir julle baie goeie sportmangees, julle goeie maniere en dat julle nooit moed opgegee het nie. En al was die teleurstelling groot het almal dit met n goeie gees en glimlag aanvaar. Ons is super trots op julle. Dankie mev Oosthuizen en mev van Wyk dat julle saam was om die spelers te vergesel. Dit word baie waardeer. Dankie aan al die tennisouers wat ons altyd ondersteun in al ons planne.

Die seuns is:

  • Louwen Wolfaardt
  • Ruan van der Merwe
  • Petrus Wolfaardt
  • Francois Naude

Die dogters is:

  • Alecia Louw
  • Carlien Oosthuizen
  • Mynette Viljoen
  • Alet van Wyk