Dinsdag, 18 Januarie 2021, was ‘n dag vol opwinding en bietjie senuwees toe die graad 1-klas van 2022 opgedaag het vir ‘n Orienteringsdag.

Elke graad 1-leerling het ‘n superheld masker ontvang toe hulle by die skool instap. Almal is daarna in die Kewertjie deur Mnr. D Joubert, die skoolhoof, en die graad 1-juffrouens, Juffrou Gerida Caricato en Juffrou Cindy Marincowitz asook ‘n paar superhelde, die prefekte van 2022, verwelkom. Na die verwelkoming is die graad 1’s klas toe saam met hulle juffrou.

Hulle het die dag afgesluit met ‘n piekniek saam met die prefekte waar daar boeresporte soos toutre, sakresies en eier-op-‘n-lepel kompetisies gehou is. Baie dankie aan elke graad 1-leerling wat die dag saam met ons geniet het.

Verwante berigte