ATLETIEK (VELDITEMS)

Woensdag, 26 Januarie 2022, kon ons vir die eerste keer in twee jaar weer aan velditems deelneem. Dit was ‘n heerlike dag van atletiek. Dankie aan elke leerling wat deelgeneem het.

 

ATLETIEK (BAANITEMS)

Donderdag, 27 Januarie 2022, was ons bevoorreg om weer ‘n “normale” atletiekdag te hou waar die atlete aan baanitems deelgeneem het. Die dag het begin met die langsafstande wat al 7uur die oggend weggespring het. Daarna was dit tyd vir die res van die baanitems om te begin. Dankie aan elke leerling, ouer en onderwyser wat die dag ‘n groot sukses gemaak het asook almal wat bereid was om te help as beampte en by die OOV. Dankie ook vir mnr Gideon van der Mescht vir die neem van die foto’s. Baie geluk aan Alecia Louw wat as Victrix Ludorum en Aw Lambrecht wat as Victor Ludorum aan gewys is.