Dis Opedag 2022. Oom Johann moet al die Gr 1’s van 2023 met die bus gaan haal. Groot opgewondenheid.

‘n Groep van 47 Graad R’e arriveer by LVS. Hulle verken die skoolgebou, ontmoet Mnr Joubert en tannie Brenda. Hulle besigtig die klas waar hulle n storie hoor en sommer ook sien hoe die Graad 1’s al kan lees en al werk. Daarna versier hulle ‘n vlaggie met LVS se 100-jarige embleem op wat hulle met n groot gejuig: ”Volkskool is die beste”, terugneem bus toe. Elkeen ontvang ook n pakkie net om te verseker dat hulle dié dag sal onthou

Al die nuwe ouers woon n saalbyeenkoms by waar hulle na pragtige koor- en musiek-items luister en word deur verskillende sprekers ingelig oor die skool se werksaamhede. Hierna kuier die ouers en die onderwysers verder saam en geniet heerlike verversings.

Die ouers en nuwe leerlinge kon ook meer leer oor elke graad se werksaamhede deur die pragtige vakuitstallings te besigtig.

Verwante berigte