Die Karoogala, aangebied by Hoër Volkskool se swembad, was hierdie jaar weereens aksiebelaai. Elke swemmer het alles gegee! AW Lambrechts en Zenicke van Schalkwyk was Laer Volkskool se voorste puntemakers.
Laer Volkskool het ook gesorg vir ‘n paar rekords!
Zenicke van Schalkwyk verbeter die wisselslag rekord voorheen gehou deur oudskolier Adéle Dercksen (2012).
Zenicke verbeter ook die rekord in rugslag vir dogters onder 12.
JJ van Schalkwyk verbeter die kruipslag rekord vir seuns onder 9.
Laer Volkskool eindig tweede in die Laerskool afdeling. Geluk aan Union met hulle oorwinning en rekords wat opgestel is deur Taylor Jacobs en Mateo Schoeman. Baie dankie aan elke swemmer wat deelgeneem het vir Laer Volkskool.
Die topswemmers uit bogenoemde skole word verkies vir die Karoospan wat aan die Interdistrikte swemgala deelneem.
Baie geluk aan die volgende Volkskool leerders met hulle verkiesing tot die Karoospan:
Elmaré Naude, JJ van Schalkwyk, Nelé Wolfaardt, Naudé van der Merwe, Izak Naudé, Layla de Beer, Uné Groenewald, Zenicke van Schalkwyk, Markus van der Ahee, Christo Nel, Mynette Viljoen, AW Lambrechts, Johan Viljoen, Luan Alberts.