Drie van Laer Volkskool se swemmers het op 23 September 2023 deelgeneem aan ‘n A-liga gala te Port-Elizabeth. Dit is ons swemmers se eerste gala in die nuwe swemseisoen en die swemmers het baie goed gevaar..

Zenicke van Schalkwyk het eerste gekom in vier van haar wedlope. Haar rugslag en borsslag het veral uitgestaan. Sy het twee keer 2de plekke behaal (dogters, 12 jaar).

Annabelle Kruger het ‘n eerste plek behaal in die 200m Wisselslag en ook gespog met ‘n 3de, 4de,7de,9de en 10de plek in haar verskeie wedlope vir dogters van 11 jaar.

JJ van Schalkwyk het pragtig gevaar in die afdeling vir seuns 10 jaar en onder, aangesien hy nog net 8 jaar oud is en teen ouer seuns moet meeding. JJ het twee 1ste plekke behaal asook ‘n 2de,3de, 5de en 6de plek (seuns o.10).

Hierdie drie swemmers word afgerig deur JP Seyffert van Destiny Swimming Academy.

Ons glo dit is die begin van ‘n baie suksesvolle swemseisoen.

Verwante berigte