Hindernisbane, modder in die hare en heerlike suurlemoen! Op Maandag, 2 Oktober 2023, vertrek die prefekte van 2024 na Skietfontein. Oom Jannie en sy bekwame span het ons leiers deur hindernisbane en kop-krap spanaktiwiteite gelei. Die nuwe leiers het geleer hoe om te beplan, vir mekaar te luister en hulle het besef hoe belangrik spanwerk en vertroue is. Met die “slingshot” het mede prefekte mekaar aangemoedig om hul vrese te oorkom en tydens “paintball” was almal ‘n bok vir sports!
Ons wens die leiers alle sterkte toe vir die verantwoordelikheid wat voorlê.
Dankie juffrou van Wyk en Terblanche dat julle die perfekte vergesel het.