Op Woensdag, 21 Februarie, het Laer Volkskool se swemspan aan die Karoogala deelgeneem te Hoër Volkskool.
Ons is trots om aan te kondig dat Laer Volkskool die wenners was van hierdie gala met 408 punte. Union High was in die tweede plek met 346 punte. Gill het die derde plek behaal met Cradock en die tuisskool swemmers kort op hul hakke.
Baie geluk aan elke swemmer wat deelgeneem het en ons skool se naam hoog gehou het.
Ons sien uit na die aankondiging van die Interdistriktespan wat in Grahamstad gaan deelneem op 5 Maart 2024.
Dankie aan mnr. Gideon van der Mescht vir die mooi foto’s.

Verwante berigte