Die afgelope naweek van 6 tot 7 September 2024 was 6 van Laer Volkskool se o.13 krieketseuns bevoorreg gewees om weer aan Laerskool Swellendam se Kriekettoernooi in Swellendam deel te neem.
Die Volksies het harde wedstryde gespeel teen die volgende:
Laerskool Bertie Barnard
Laerskool Gamtoosvallei
Super 6’ers
Laerskool Hartenbos 1+2
Laerskool Ashton
Stephen Marais, Eben Lötter en Andre Wolfaardt het baie goeie tellings met die kolf aangeteken.
Drian Gildenhuys, PG Lambrechts en JP Lombard het vir ons gewys wat hulle met die bal kon maak.
Na 7 wedstryde het Laer Volkskool 3de in hul plaat-poel geëindig.
Baie dankie aan mnr. Zack Mulder wat vir ons die bus bestuurder het asook mnr. Jaco van Loggerenberg, die afrigter, vir al u reëlings.

Verwante berigte