Maandag het Laer Volkskool Boekedag gevier!
Daar was vroegoggend vir elke klas ‘n storie gelees.
Juffrou Oosthuizen, Juffrou Basson en Tannie Brenda het sommer ekstra oulik gelyk terwyl hulle vir die kleintjies gelees het.
As deel van Boekedag het leerders ook tweedehandse boeke skool toe gebring om Laer Volkskool se biblioteek aan te vul.
Baie dankie vir elke boek wat aan ons biblioteek geskenk. Dit word opreg waardeer.

Verwante berigte