Die o.11- en o.13-krieketseuns het Vrydag, 13 September 2024, teen Union gaan wedstryde gespeel.
LVS se onder 11-span het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Die kolwers het Union se opening boulers uitgehou en kon 44 lopies aanteken.
Union se kolf werk was bietjie beter as LVS sin en het LVS se 44 lopies verby gevat met 10 paaltjies in hand.
LVS se onder 11 krieket span verloor met 10 paaltjies.
LVS se onder 13 span het die loot verloor en was eerste in die veld ingestuur om veldwerk te doen.
Union se kolwers was warm en het ons boulers met gemak gespeel.
Union het 171 lopies aangeteken met die kolf.
Ons het uitgehou met die kolf en kon 15 boulbeurte man staan in die middel. Ongelukkig kon ons egter net 27 aanteken met kolf en verloor dus met 144 lopies.

Verwante berigte