JJ van Schalkwyk het op 2 Oktober 2022 aan โn liga tweekampbyeenkoms te Port Elizabeth deelgeneem. Hy het โn algehele eerste plek vir seuns o.8 behaal. Baie geluk, JJ. Jy maak ons trots!
Ancois Viljoen het op 8 Oktober 2022 die Oostelike Provinsie verteenwoordig tydens die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Bloemfontein. Sy het โn algehele 10de plek behaal vir dogters o.13. Baie geluk, Ancois. Trots op jou!

