ATLETIEK
Tydens die kleure atletiekbyeenkoms is daar twee pragtige rekords verbeter.
Hardus Lötter verbeter die 80m rekord vir seuns o.9. Die bestaande rekord was 12,87s en hy voltooi die resies in 12,79s. Lee-
Jon Blignaut verbeter die 200m rekord vir seuns o.13. Die bestaande rekord was 30,16s en hy voltooi die resies in 28,18s. Lee- Jon hou tans ook rekords in 4 verskillende ouderdomsgroepe. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie.
Baie geluk aan die volgende leerlinge wat die meeste punte tydens die byeenkoms behaal het.
Janike van Zyl verower die Victrix Ludorum Trofee en Gideon Viljoen die Victor Ludorum Trofee.
Die Reinetspan het as wenspan uit die stryd getree met 869 punte teenoor die 800 punte van die Rupertspan.
Baie geluk aan elke atleet wat hulle absolute beste gegee het.

Verwante berigte