Jurian Retief, Marizรฉ Retief en Margite van der Merwe het die afgelope naweek met trots die Sarah Baartman-span verteenwoordig tydens die geslote Oos-Kaap-kampioenskappe in Gqeberha.
Die toernooi is van 5 tot 7 September aangebied, en ons Volksies het almal puik gevaar deur hul plek onder die top-20 in hul ouderdomsgroepe te verseker. Hierdie prestasie beteken dat hulle nou die Oos-Kaap gaan verteenwoordig by die gesogte Mzantsi Interprovinsiale Jeugskaak Kampioenskappe.
โn Groot prestasie vir hierdie toegewyde skaakspelers.