Ons jaarlikse kleuregala het Maandag, 6 Februarie 2023, plaasgevind. Die wenspan Reinet het met 471 punte teenoor Rupert se 439 punte gewen. Baie dankie aan al die swemmers wat deelgeneem het asook die beamptes wat hulle tyd opgeoffer het om die gala ‘n sukses te maak.

Die volgende swemmers het tydens die kleuregala rekords gebreek:

Elmaré Naude

o.8 25m Borslag

J.J van Schalkwyk

o.8 25m Borsslag en Vryslag

Zenicke van Schalkwyk

o.12 25m Rugslag , 25m Vryslag, 25m Borsslag en 50m Rugslag!

AW Lambrechts

o.14 25m Rugslag , 25m Vryslag, 50m Vryslag en 50m Rugslag!

Markus van der Ahee het die Andrew Kinghorn Gedenkbeker vir seuns o.12 los geswem.

Zenicke van Schalkwyk is die Victrix Ludorum en AW Lambrechts is die Victor Ludorum.

Verwante berigte