Op 30 Augustus 2024 het die graad 7’s ‘n Entrepreneursdag gehou as deel van hulle EBW-taak.
Hierdie dag het ‘n platform gebied om waardevolle lesse te leer oor hoe om ‘n entrepreneur te wees.
Daar was ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat deur die res van die skool geniet is.
Dankie aan al die graad 7’s vir al hulle moeite met hul stalletjies om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak.
Baie dankie ook aan ons beoordeelaars mnr. Dawid Botha en mev. Bethmaree Botha vir julle tyd wat julle opgeoffer het om die stalletjies te beoordeel.

Verwante berigte