Tennis

Johan Viljoen en Mynette Viljoen het 27 – 28 Maart 2023 die Oos-Kaap Elephantspan in Bloemfontein gaan verteenwoordig. Hulle het teen verskeie provinsies gespeel. Elkeen het ‘n enkels gespeel wat bestaan uit twee stelle en ook ‘n dubbels wat bestaan het uit ‘n “pro set”. Baie geluk aan albei hierdie spelers. Ons is baie trots…

Lees meer

Skaak

Die skaakspelers het gister, 28 Maart 2023, ‘n wedstryd teen Graaff-Reinet Primêr gespeel. Laer Volkskool verloor ongelukkig die wedstryd 3 – 4. Ons is nog steeds trots op julle!

Lees meer

Oupa en Oumadag

Ons was vandag weereens bevoorreg gewees om ons jaarlikse Oupa en oumadag by Laer Volkskool te hê. Die dag het begin met ons hoofseun, AW Lambrehts, en hoofdogter, Mynette Viljoen, wat al die oupas en oumas verwelkom het. Daarna het die koor onder leiding van Trudine Vos vir almal twee pragtige liedjies gesing. Die prefekte…

Lees meer

Netbalkliniek

Op Maandag, 27 Maart 2023, en Dinsdag, 28 Maart 2023, het daar ‘n netbalkliniek by Laer Volkskool plaasgevind. Die kliniek is deur Lana Krige en drie Provinsiale Netbalspeelsters aangebied. 113 netbaldogters vanaf o. 7 tot o. 13 het daaraan deelgeneem. Daar was ook 13 afrigters van ons buurskole wat deelgeneem het. Baie dankie aan elke…

Lees meer

Netbal

Baie geluk aan Ancois Viljoen wat deur is na die volgende rondte Oos-Kaap netbalproewe. Die volgende proewe is 14 Mei 2023 in Grahamstad. Ons wens jou baie sterkte toe. Trots op jou!

Lees meer

Swem SA Vlak-3

Zenicke van Schalkwyk het gekwalifiseer om eerskomende naweek aan die SA vlak-3 swemkampioenskap deel te neem. Sy neem deel in Kaapstad vanaf 1-3 April. Baie geluk en lekker swem, Zenicke!

Lees meer

Gholf

Sondag, 12 Maart 2023, het Franco Wolfaardt aan ‘n Gholf kompetisie op Kingswood in George deelgeneem. Hy het baie goed gespeel en in die o.8 ouderdomsgroep 2de geëindig met net 3 houe meer as die algehele wenner. Baie geluk, Franco. Trots op jou! #trotsvolkskool

Lees meer

Tennis

Die volgende leerders was opgeneem in die Synergy Cup-span en het aan ‘n toernooi gedurende Februarie in Kimberley gaan deelneem. Hulle het vandag ook tydens opening erekleure vir tennis ontvang. Baie geluk. Trots op julle! Agter: Ancois Viljoen, Dante Dercksen, Mynette Viljoen Voor: Nele Wolfaardt, Izak Naude   #trotsvolkskool

Lees meer