Tennis Rising Star Parnibas

Vrydagmiddag, 14 Mei 2021,het Laer Volkskool se eerste seuns en dogterspanne na Grahamstad vertrek om aan die finale streeksproewe van die Rising Star Parnibas toernooi te gaan deelneem. Ons het Saterdag teen al die wenners van die verskillende zones gespeel. Die dogters het eerste in hulle groep geeindig en het teen die wenners van die…

Lees meer

Studeer Sonder Sukkel

Ons graad 4’s het vandag n kursus gehad waar hulle geleer is hoe om te leer. Dit was baie interessant om van verskillende studiemetodes te leer en ook hoe ons ons tyd moet bestee. Hierdie tegnieke wat vandag aangeleer is, gaan ons help om beter vir die eksamen voor te berei.

Lees meer

Gimnastiek

Baie geluk aan Elrie Pretorius wat op 24 April 2021 ‘n goue medalje verower het tydens die Oos Kaap Interklub Kompetisie in Port Elizabeth. Dit was haar eerste kompetisie en het die beoordeelaars baie beïndruk.

Lees meer

Landsdiens skop af!

Laer Volkskool se Landsdiens is weer volstoom aan die gang en hierdie jaar het ons ongeveer 40 lede wat graag die vier liefdes vir Landsdiens wil uitleef. Om die graad 6’e en nuwe lede deel van ons familie te maak was YSBREKERS die beste roep. Dit was ‘n “bang” hier en ‘n “goal” daar. Die…

Lees meer

Wêreldboekedag

Op 28 en 29 April 2021 het Laer Volkskool Wêreldboekedag behoorlik gevier! Die grondslagfaseklasse het elk ‘n spesiale besoeker ontvang om vir hulle ‘n storie voor te lees. Almal kon hul gunsteling boek saambring en dan ook ‘n kleurvolle boekkarakter uitbeeld. Die intersenfase het ‘n leesperiode geniet. Ons hoop om sodoende die genot van lees…

Lees meer

Wiskunde Kompetisie

Donderdag, 25 Maart 2021, en Vrydag, 26 Maart 2021, is daar vir nog ‘n uur na skool kop gekrap om Wiskunde probleme op te los, toe tien graad 7 leerlinge aan die eerste rondte van die Horizon Wiskunde Kompetisie deelgeneem het.   7.1 Mikha Enslin, Wentzel van der Merwe, Lara Vosloo 7.2 Alice du Toit…

Lees meer

Aanlyn Jagveiling

Die eerste Volkskool Graaff-Reinet 𝗔𝗔𝗡𝗟𝗬𝗡 𝗝𝗔𝗚𝗩𝗘𝗜𝗟𝗜𝗡𝗚 in samewerking met die Volkskool Oudskoliere en Volkskool se ondersteuningsgroep as gesamentlike fondsinsamelingsprojek vir Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool. Registreer vandag by www.insamel.co.za en hou die Volkskool Graaff-Reinet Jagveiling 2021 blad dop vir meer inligting oor die 𝟮𝟭 𝗨𝗜𝗧𝗦𝗢𝗡𝗗𝗘𝗥𝗟𝗜𝗞𝗘 𝗣𝗔𝗞𝗞𝗘𝗧𝗧𝗘 wat opgeveil word.

Lees meer