Boogskiet

Op 24 September 2021 het Wian Lotter aan die Nasionale Interprovinsiale Boogskiet kompetisie deelgeneem. Hy behaal ‘n algehele 220 ste plek vir Laer- en Hoërskole. In die Laerskool afdeling het hy 57 ste gekom. Hy is tans nommer 3 in die Oos-Kaap. Sy telling in die Interprovinsiale kompetisie is 256/300. Baie geluk, Wian! Ons is…

Lees meer

Pret Vrydag

Vrydag, 27 Augustus 2021, was pret Vrydag by Laer Volkskool waar die leerlinge soos hulle sportheld kon aantrek. Daar was baie kreatiewe en oulike sporthelde gewees.  Dankie aan almal wat soos  sporthelde aangetrek het.  Julle het baie oulik gelyk.

Lees meer

Boogskiet

Wian Lotter het die 1ste Maart 2021 by Hoër Volkskool aangesluit vir boogskiet waar hy afrigting by Beyers en Carol Cronje gekry het.  Al die gereelde en ekstra oefening het vrugte afgewerp en hy is in die provinsiale span opgeneem. Die span gaan voorlopig 24 September 2021 in Uitenhage aan ‘n kompetisie deelneem.  Baie geluk…

Lees meer

Landsdiens

16 Augustus was ‘n kreatiewe dag vir ons Landsdieners. Die dogters het die muur by die Kewertjie oor geverf terwyl die seuns sementblokke verwyder het. Die liefde vir Arbeid word goed hier uitgebeeld.

Lees meer

Landsdiens

Op 4 Augustus het ons Landsdiens seuns in drie groepe verdeel. Hulle het drie projekte waarmee hulle hierdie kwartaal besig is. Stasie 1 is die reënmeter met ‘n vetplant tuintjie, stasie 2 is ‘n sonwyser/horlosie en stasie 3 is ‘n windkous/weerhaan. Ons sien uit vir die eindproduk. Hou die spasie dop!

Lees meer

Tweekamp

Baie geluk aan Carlien Oosthuizen wat gekies is om die Oos-Kaap by die SA Modern Biathlon Invitation Championship op 12 Julie 2021 in Kaapstad te verteenwoordig. Sterkte Carlien. Ons weet jy sal ons naam hoog hou.

Lees meer

Ruiterkuns

Marli Fourie het onlangs aan die Suid Afrikaanse Saalperd Kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en uitstekend gevaar. Sy behaal die volgende plasings. Reserwe SA Kampioen Plesierperd Ruiters 10 jaar en jonger. Derde plek in die Plesierperd Ruiterkuns 10 jaar en onder. Mooi so Marli. Ons is trots op jou.

Lees meer