Tydens Valentynsdag kon die leerlinge vandag met wit, pienk en rooi klere skool toe kom om die dag van liefde te vier.

Die OOV-Mammas het vandag ook heerlike oliebolle verkoop. Baie dankie aan al die ma’s wat tydens pouse gehelp het.

Die prefekte van 2023 het ook ‘n kompetisie gehou waar leerling R5 kon betaal om te raai hoeveel hartjie-lekkers daar in die pot is. Helgard van Wyk het die naaste reg geraai en die pot met al die lekkertjies in gewen.  Daar was 426 lekkertjies in en Helgard se raaiskoot was 421.

Verwante berigte