Die o.13A hokkiedogters het die afgelope naweek vanaf 14 tot 16 Julie 2023 aan die ECHS-Afrigtingstoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die naweek het bestaan uit twee wedstryde per dag asook afrigting Vrydag en Saterdag. Die dogters het baie geleer en pragtige hokkie gespeel gedurende die toernooi.

Tydens die prysuitdeling wat Saterdag plaasgevind het, is Deidré Alberts ook aangewys as beste o.13 voorspeler van die toernooi. Ons is baie trots op haar.

Laer Volkskool het aan die einde van die toernooi ‘n 4de plek behaal.

Baie geluk aan al die o.13A-hokkiedogters en dankie ook vir julle uitmuntende gedrag tydens die toer. Julle het beslis Laer Volkskool se naam hoog gehou.

Dankie ook aan die volgende borge wat die toer ekstra spesiaal gemaak het:
OVK vir die hoodies.
Quinta Dercksen vir die opwarmingstops.
Janine Viljoen vir die broekies.
Janice Groenewald vir die heerlike pizza en brownies Vrydagaand.

Die tellings is as volg:

Wen teen Oranje o.13B 1 – 0
Wen teen Anton van Wou 2 – 1
Verloor teen Oranje o.13A 0 – 4
Gelyop teen Vaalpark 0 – 0
Verloor teen Sweizer Reineke 0 – 1
Wen teen Fonteine 1 – 0

 

Verwante berigte