Op 11 Junie 2024 is ‘n baie suksesvolle skaakdag o.l van Mev. H Rose Innes van Union High en Mev. K Basson van Laer Volkskool by Laer Volkskool aangebied.
Alle Graaff-Reinet skaakleerlinge was uitgenooi om aan die Graaff-Reinet Skaakkampioenskappe deel te neem. 118 skaakspelers van o.7 tot o.19 het aan hierdie opwindende kompetisie deelgeneem en meegeding om die eerste plekke in elke ouderdomsgroep.
Elke skaakspeler het 6 rondtes gespeel en in die finale rondte het die sterkstes teen die sterktes te staan gekom. Medaljes is aan die eerste 3 plekke in elke ouderdomsgroep oorhandig.
Die skaakspelers was ingedeel in die volgende ouderdomdsgroepe: o.9, o.11, o.13, o.15, o.17, o.19.
Baie geluk aan die Laer Volkskool skaakspelers wat uitstekende spel gelewer het.
Uitslag van die Laer Volkskool spelers:
o.9 Seuns:
4de Daneill du Plessis
3de Hardus Lötter
1ste Burger Slabbert
o.9 Dogters:
2de Marize Retief
1ste Elmaré Naudé
Medalje wenners o.9 gemeng:
3de Marize Retief
2de Burger Slabbert
1ste Elmaré Naudé
o.11 Seuns:
5de Gerrit Jordaan
2de Jurian Retief
o.11 Dogters:
3de Ilana Verwey
Medalje wenners o.11gemeng:
2de Jurian Retief
o.13 Seuns:
5de Samuel Pearson
o.13 Dogters:
1ste Janneke Conradie
o.15 Seuns:
4de Divan Erasmus
2de Tiaan Erasmus
o. 15 Medalje wenners gemeng:
3de Tiaan Erasmus

Verwante berigte