Gedurende die eerste week van die skoolvakansie vanaf 17 Junie 2024 tot 21 Junie 2024 het ses van Laer Volkskool se leerders die jaarlikse Provinsiale Landsdiens kamp te Somerset-Oos bygewoon vir leerders van graad 6 tot graad 12.
GRAAD 6
Ida-May Cloete
Loné Boje
Zander Marais
GRAAD 7
Karien Swiegers
Marichelle Cloete
Stephan Marais
Daar was 165 lede van die 15 Landsdiens klubs in die Oos-Kaap wat die kamp bygewoon het.
Die week se program was propvol gepak en daar was besoeke aan ondermeer Glen Avon, J & B Citrus, die Cookhouse Creamery om net ‘n paar te noem.
Fisiese aktiwiteite het nie agterweë gebly nie. Die lekkerste vir die laerskole was die maak van kerse, die boogskiet, JellyBall asook die Zumba.
Aan die einde van ‘n baie lekker en suksesvolle kamp is Zander Marais, Karien Swiegers en Stephan Marais gekies om die Nasionale Kamp in Desember by te woon. Ons is baie trots op hulle.
Baie dankie ook aan mnr Jaco van Loggerenberg wat die leerders vergesel het.
Nuwe vriende is beslis gemaak!

Verwante berigte