Op 13 Julie 2024 het die Kwagga boogskiet klub vroeg die oggend weggetrek om betyds in Despatch te wees vir die kompetisie.
Daar was geen weersomstandighede om die skiet te belemmer nie. Na ‘n week van stormsterk winde wat veroorsaak het dat ons nie kon oefen nie, was dit ‘n plesier om geen wind te beleef nie.
Die uitslae is as volg:
Kompetisie 1:
Helen Grobbelaar Silwer 262/300 en sy behaal ‘n persoonlike beste
Erhardt Grobbelaar Goud 242/300
Kompetisie 2:
Helen Grobbelaar Silwer 255/300 en sy behaal ‘n persoonlike beste
Erhardt Grobbelaar Silwer 220/300
Hulle gaan 3 Augustus 2024 aan die OP Kampioenskappe op Bathurst deelneem.
Baie geluk en sterkte met julle volgende kompetisie.

Verwante berigte