Laer Volkskool het vier spanne gehad wat deelgeneem het aan die
o.10 MatchPoint toernooi wat op 23 en 24 Augustus 2024 in Graaff-Reinet plaasgevind het.
Die spelers het regtig alles uitgehaal om die bal oor die net en in die baan te kry met Saterdag se verskriklike rukwinde.
Baie dankie ook aan Mev Tilana Maré, Mev Tinkie Naudé, Mev Carla Viljoen en Mev Ansuné Asher wat as spanbestuurders opgetree het.
Die uitslae is as volg:
LVS Gemeng – 6de in Afdeling B (12 spanne)
LVS Seuns B – 6de in Afdeling A (8 spanne)
LVS Dogters – 2de in Afdeling A (6 spanne)
Elmare Naudé, Minke Marincowitz, Anja de Klerk en Zahn Viljoen ontvang elkeen ‘n medalje vir die 2de plek.
LVS Seuns A – 2de in Afdeling A (8 spanne)
Ian Maré, Ulrich Steynberg, Hardus Lotter en Burger Slabbert ontvang elkeen ‘n medalje vir die 2de plek.
Baie geluk aan almal van julle,. Julle maak ons trots.

Verwante berigte