Die nr. 1 tot 4 spelers van die eerstespanne het op 5 Oktober 2024 aan die Wesbank Tennistoernooi in Oudtshoorn deelgeneem.
Dogters:
Dante Dercksen, Ancois Viljoen, Nelé Wolfaardt, Uné Groenewald
Seuns:
Izak Naudé, André Wolfaardt, Stephen Marais, Rubert Marincowitz.
Die kwik het gestyg tot 39°, maar almal het vasgebyt en deurgedruk soos ware
Volksies.
DOGTERS (Poel B):
Wesbank A 91-90
Jeffreysbaai 120-52
Kenridge 76-87
LVS eindig 2de in poel B en speel uit vir die 3de/4de plek teen Laerskool Handhaaf. Die dogters wen hierdie wedstryd en eindig 3de in die toernooi en ontvang elk ‘n medalje.
SEUNS (Poel B):
Wesbank A 64-133
Jeffreysbaai 100-75
Kenridge 78-84
LVS eindig 2de in poel B en speel uit vir 3de/4de plek teen Laerskool Wesbank B. Die seuns verloor met 1 punt (75-76) en eindig 4de in die toernooi.