Die swemseisoen het tot ‘n einde gekom en ons is trots om aan te kondig dat verskeie van ons swemmers erkenning ontvang het vir hul uitstekende prestasies.
Die volgende leerders het aan twee of meer individuele items tydens die Interdistrikte gala deelgeneem en is beloon met half-erekleure:
Franco Wolfaardt, JJ van Schalkwyk, Elmare Naudé, Naudé van der Merwe, Izak Naudé en Anabelle Kruger.
Ross Mac Leod en Hanné Alberts het half-erekleure ontvang vir hul deelname aan die Top-8 gala.
Vol erekleure is toegeken aan JJ van Schalkwyk, wat opgeneem is in die NMBA-span en Naudé van der Merwe, wat deelgeneem het aan die SSA Vlak-3 gala.
Baie geluk aan al ons swemmers wat met harde werk en toewyding hierdie prestasies behaal het. Ons is ongelooflik trots op julle!

Verwante berigte