Helen Grobbelaar het Saterdag, 17 Mei 2025, aan ‘n boogskiet kompetisie by Corkwood mall in Uitenhage deelgeneem. Sy het baie goed gevaar deur ‘n goue medalje te verower.
Sy is ook aangewys as die Beste Laerskool skut by die kompetisie.
Welgedaan, Helen. Jy maak ons trots!