Wat ‘n voorreg was dit om Laerskool Jeffreysbaai die naweek op ons tuisveld te verwelkom! Baie dankie aan julle vir die entoesiastiese deelname en kwaliteit sport โ dit was regtig ‘n fees om te aanskou.
Ons sportgronde was vol geesdriftige ondersteuners, spelers en goeie sportmangees.
Dankie dat julle die lang pad Karoo toe aangedurf het!

o.7B โ Verloor 0โ5
o.7A โ Verloor 0โ40
o.9B โ Verloor 0โ30
o.9A โ Verloor 0โ50
o.11B โ Verloor 5โ37
o.11A โ Verloor 0โ33
o.13B โ Verloor 21โ22 (naelskraapse wedstryd!)
o.13A โ Verloor 0โ49

o.7A โ Verloor 0โ6
o.7A teen Laerskool Jeffreysbaai o/7B โ Wen 5โ0
o.8A โ Verloor 2โ5
o.8B โ Verloor 0โ17
o.9A โ Verloor 2โ5
o.9B โ Verloor 3โ9
o.10A โ Wen 6โ3
o.10B โ Verloor 2โ14
o.11A โ Verloor 5โ10
o.11B โ Verloor 2โ11
o.13B โ Verloor 1โ16
Hoewel die punte teen ons was, was die gees sterk, die sportmanne reg en die atmosfeer ongelooflik!
Dankie aan al ons afrigters, ouers, personeel en ondersteuners vir hul ondersteuning.
‘n Spesiale dankie aan Jeffreysbaai vir julle besoek.