• Voorkeur sal gegee word aan leerders binne Laer Volkskool se natuurlike voedingsarea.
• ‘n Leerder sal nie toegelaat word sonder ‘n amptelike oorplasings-sertifikaat en bewese skolastiese rekord nie.(Graad 1 uitgesluit)
• Navrae oor gedrag by skole van herkoms sal onderneem word.
• Maksimum ouderdom per graad soos omskryf in die S.A. Skolewet No.84 van 1996 sal toegepas word.
• Aanvaarding van Afrikaans as onderrigtaal.
TOELATINGSPROSEDURE EN VEREISTES
• Toelating geskied op skriftelike aansoek en met aanvaarding van en voldoening aan die skool se vereistes.
• Ten einde hoë opvoedkundige en onderwysstandaarde te handhaaf en effektief n ate streef is die betaling van skoolgelde verpligtend en wetlik afdwingbaar.
• Ouers en leerders onderteken ‘n vorm waarin die toelatings-vereistes en die verpligtinge wat dit meebring aanvaar en onderneem om daarby te hou.
Onderneming deur leerders:
• Om die Christelike etos van die skool te eerbiedig.
• Dat die onderrig- en voertaal van die skool Afrikaans is.
• Om die akademiese standaarde wat gestel word na te streef.
• Om werksopdragte pligsgetrou en op tyd uit te voer.
• Die gesag en dissipline van die skoolhoof en opvoeders te aanvaar
• Indien meegaande onderneming nie gehandhaaf word nie, sal my voortgesette toelating tot Laer Volkskool heroorweeg word.
Onderneming deur ouers / voog:
• Om toe te sien dat hul kinders in die erkende en voorgeskrewe skooldrag geklee is.
• Om te verseker dat hul kinders se algemene voorkoms en netheid voldoen aan die voorgeskrewe reëls van die skool.
• Om te verseker dat hul kinders betyds is vir die skooldag.
• Om nie hul kinders uit die skool te hou behalwe in uitsonderlike gevalle en wel met kennisname van die skoolhoof.
• Om skoolgeld te betaal op die wyse, tydstip en bedrag soos deur die Beheerliggaam bepaal.
• Om verantwoordelikheid te neem vir hul kinders se basiese opvoeding en gedrag.
Aansoek-en toelatingsvorms
- Aansoek om Toelating
- LVS Toelatingsvorm
- Brief aan Voornemende Ouers
- Koshuis Toelatingsvorm
- Skoolfonds – kontrole
- Ondersteunerskaart aansoek
- POPI Vrywaringsvorms
- Inligtingstuk vir Ouers – Grondslagfase
- Nasorgbrief
- Nasorgvorm
- Dissiplinestelsel
- Dissiplinestelsel Gedragskode Afskeurbrief
- Anti-Dwelmbeleid