Marli Fourie het Vrydag en Saterdag, 8 en 9 Oktober 2021, aan n skou op Somerset-Oos deelgeneem. Daar het sy aan 2 afdelings, 3 gang en 5 gang, deelgeneem.

Sy behaal 4 eerste plekke tussen ruiters baie ouer as sy.

Eerste in die 3 gang plesierperd ruiters 14 jaar en jonger.

Eerste in die 3 gang plesierperd ruiterkuns vir ruiters 18 jaar en onder.

Eerste in die 5 gang plesierperd ruiters 14 jaar en jonger.

Eerste 5 gang plesierperd ruiterkuns vir ruiters 18 jaar en jonger.

 

Die beoordelaars gee ook n spesiale toekenning aan Marli vir die mees belowende jong ruiter. Ons is baie trots op jou, Marli!

Carlien Oosthuizen en Zenicke van Schalkwyk het tydens die afgelope vakansie aan die Freda Barnard Gala in Oudtshoorn deelgeneem. Beide dogters het hul swem tye baie mooi verbeter.

Zenicke het twee goue medaljes en een brons medalje verower. Ons is trots op ons swemmers!

Op 24 September 2021 het Wian Lotter aan die Nasionale Interprovinsiale Boogskiet kompetisie deelgeneem. Hy behaal ‘n algehele 220 ste plek vir Laer- en Hoërskole. In die Laerskool afdeling het hy 57 ste gekom. Hy is tans nommer 3 in die Oos-Kaap. Sy telling in die Interprovinsiale kompetisie is 256/300.

Baie geluk, Wian! Ons is baie trots op jou.

Vrydag, 27 Augustus 2021, was pret Vrydag by Laer Volkskool waar die leerlinge soos hulle sportheld kon aantrek.

Daar was baie kreatiewe en oulike sporthelde gewees.  Dankie aan almal wat soos  sporthelde aangetrek het.  Julle het baie oulik gelyk.

Wian Lotter het die 1ste Maart 2021 by Hoër Volkskool aangesluit vir boogskiet waar hy afrigting by Beyers en Carol Cronje gekry het.  Al die gereelde en ekstra oefening het vrugte afgewerp en hy is in die provinsiale span opgeneem.

Die span gaan voorlopig 24 September 2021 in Uitenhage aan ‘n kompetisie deelneem.  Baie geluk Wian.  Ons is trots op jou!

16 Augustus was ‘n kreatiewe dag vir ons Landsdieners. Die dogters het die muur by die Kewertjie oor geverf terwyl die seuns sementblokke verwyder het.

Die liefde vir Arbeid word goed hier uitgebeeld.

Op 4 Augustus het ons Landsdiens seuns in drie groepe verdeel. Hulle het drie projekte waarmee hulle hierdie kwartaal besig is. Stasie 1 is die reënmeter met ‘n vetplant tuintjie, stasie 2 is ‘n sonwyser/horlosie en stasie 3 is ‘n windkous/weerhaan. Ons sien uit vir die eindproduk. Hou die spasie dop!