
Die kreatiwiteit het gevloei tydens Donderdag, die 13de Mei, se Landsdiens. Met โn kwas in die hand en โn klip op die skoolbank het die Karoo Volksies hulle talente gewys. Die landsdieners moes elkeen โn Bybelversie of opbouende woord op hul mooi versierde klip skryf of verf. So kan ons klippie-vir-klippie mekaar aanmoedig om vas te byt en staat te maak op ons Hemelse Vader.
