Krieket

Krieket 0.13 Ons is baie trots op Laer Volkskool se o. 13 krieketseuns wat Union Woensdag, 27 Oktober 2021, gewen het. Union het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle kon slegs 86 lopies in hulle 20 beurte aanteken. Jano Jevan en Christopher Bezuidenhout het elkeen 2 paaltjies gevat en Petrus Wolfaardt…

Lees meer

Swem

Carlien Oosthuizen en Zenicke van Schalkwyk het Saterdag, 23 Oktober 2021, die stormweer in Grahamstad gaan trotseer waar hulle aan die ECA Kortbad Kampioenskappe deelgeneem het. Die dogters het pragtig presteer en twee silwer medaljes teruggebring Karoo toe. Knapgedaan!

Lees meer

Tennis

Die afgelope naweek, 29/30  Oktober 2021, het Laer Volkskool se eerste en tweede seunsspanne en die eerste dogterspan deelgeneem aan die negende Jocelyn Marais Tennistoernooi. Skole van so ver as Stellenbosch en Oos-Londen  het aan die toernooi deelgeneem.  Ons spanne het uitstekende tennis gespeel en ons is baie trots op hulle.  Die eerste seunsspan eindig…

Lees meer

Kankerbewusmaking

Op Vrydag, 29 Oktober 2021, het Laer Volkskool se leerlinge pienk aangetrek vir kankerbewusmaking. Hulle was aangemoedig om ‘n R5 saam te bring skool toe en dan pienk aan te trek. Die geld word aan ‘n plaaslike kankervereniging geskenk. Dankie vir elkeen wat deelgeneem het en pienk aangetrek het. Julle het baie mooi in pienk…

Lees meer